Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Vryheid in die vreemde...
Anneke Pelser, 28 April 2008 Duisende kilometers ver van Suid-Afrika af het ons "Freedom day" vanaf die Donderdagmiddag af al gevier. Ons vier freedom saam met kollegas en vriende. Saam met die konsuls-generaal van Afrika, Europa én die sheiks van Doebai. Die Rolls Royce's en die lang, slap, swart BMW's. In Suid-Afrika het die Suid-Afrikaners lang naweek gehou. Ek hoor dit was koud en misrabel. Tog, "Freedom Day" se lang naweke bring innige, warm herinneringe terug. Herinneringe van familiefees in Virginia. Van ounag-se-sing om die bonfire saam met Steve, Theuns en Robbie. En Neil Diamond. Van Bulle, Cheetahs, Sharks en Stormers - die Super 14. Party van ons het triomfantelik die dolosdans gedoen - blou vlag omhoog (dit was laasjaar!) Vanjaar was dit 'n kameel van 'n ander kleur. Ek het midde-in die woestyn gesit, in die land van son en sand. By die Sheraton Jumeirah Beach hotel het ons reg voor die voordeur gestop, Fortuner en Rolls sy aan sy. Ons deure word weerskante oopgemaak. "Welcome sir, ma'am". Die steward vra-wys met sy hand "South African day?" "This side please" (ten minste kan ons vandag mekaar se Engels verstaan). Ek verstom my steeds aan die (nou al bekende) gesig van marmer en glas. Baie blink en baie goud. Waenhuisdeur-wye skuifdeure en gladde spieëelblink, marmer vloere met wynrooi tapyte. Massas blommerangskikkings: proteas, lelies, varkore. Dwarsdeur die oorgroot ingangsportaal en die wye gange loop ons. Tot buite. Dit was 'n krioelende miernes van bedrywighede. Lowergroen grasperke onder hoë, wyd oopgestrekte palmbome. Honderde gedekte tafels met spierwit tafeldoeke. Spierwit geklede kelners, stukkies-beesvel-om-die-lyf-meisietjies wat CD's verkoop. Driebeen-potjies, spitbraai's, bay marines; die gemeste kalf?! Afrika-musiekklanke val lekker op die oor. "Nice to see you" reg op die strand teen die Arabiese golf. Al die kleurvolle kleredrag. Miesies Molly met haar SA-vlag-rok en Johnny Bravo met sy kamoefleer bosklere - vaalgroen hempie, kragie opgeslaan. Pure bossies. Loop heeldag met waatlemoene onder sy arms. Pikswart sonbril op die puntjie van sy neus. Die hero's van die punt van Afrika. Iemand verf SA vlaggies op die dogtertjies se gesiggies. Inheemse Suid-Afrikaanse kos is voorberei. Ons eet pap en sheba, osstert en bobotie, koeksisters en melktert. Nando's kraai koning op dié strand. Hulle gooi die "pielie pielie" - brand ons dat ons visbekkies op die strand lê en snak na asem. Juluka slaan die dromme: Brave Heart, African Sky Blue. Ons is die Scatterlings of Africa! Maar dis "fashion" om Suid-Afrikaans te wees. Die witman eet hier nié van die vloer af nie... Die volgende wag was dit weer braaivleis, rugby, sunny skies and camelé. Geharde Leeu- en Cheetah-ondersteuners skree vir die Sharks. Ons ís immers almal Suid-Afrikaans! Halftyd bulder Steve die deure uit hul kosyne. Die Blou Bul weet nie van verloor af nie. (Ja, ja...bly tog net stil.) Deur dit alles begin ek besef - Doebai is besig om my te leer. Blou Bulle en Leeus is ónse mense. Cheetahs en Stormers en Sharks ook. Al waaroor ek rêrig huil as ek verloor is die Bok... o, die Bok. Bring vir my die Bôôôk. (Maak die Bulle almal Bokke!)
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|