Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Trane rol oor Nationwide
Hennie van Deventer, Melkbosstrand Vir Jacob en Thomas Claassens se vierde verjaardag het elkeen 'n Nationwide-kaartjie van Oupa en Ouma gekry wat sommer op die rekenaar saamgeflans is. Agter daardie kamma-kaartjies is 'n storie wat iemand by Nationwide soos 'n skurk behoort te laat voel. Die tweeling sou op 2 Julie saam met Oupa en Ouma van Kaapstad na Kruger Mpumalanga vlieg vir 'n vakansie in Sabiepark. Die Nationwide-kaartjies was hul regte, egte presente vir hul verjaardag op 26 April. Die kaartjies is al op 15 Oktober 2007 gekoop. Jacob en Thomas tel al hoe lank die slapies. Hulle ken Sabiepark en is lief vir die plek. Die bos is ook in hul hartjies soos in Oupa en Ouma s'n. Toe hulle verlede Julie daar was, was dit 'n fees: Witnek die duiker het kom pitjies soek, elke aand het die nagapies by die pendoringboom langs die stoep aangeswerm gekom vir skyfies piesang, by die pieknieplek langs die Sabierivier is die tweetjies ewe kordaat by olifante afgeneem? Elkeen het met sy eie albumpie propvol dierefoto's by hul speelskooltjie opgedaag - sebras, kameelperde, koedoes, bobbejane, bokkies. Noem maar op. Daardie foto's is nou nog van hul kosbaarste besittings. Toe het ons met Nationwide gevlieg. Vlug CE0803. Op dosyne foto's is die Nationwide-embleem op die agtergrond. Thomas was in die stuurkajuit (Jacob was effens lugtig). Hy is selfvoldaan afgeneem by die glimlaggende vlieëniers (seker nou werkloos). Nationwide is vir die twee 'n towerwoord. Elke vliegtuig wat oor Pappa en Mamma se huis in Welgemoed dreun, word deeglik bekyk. Daar's ook SAL, Kulula, Mango en wat nog. Hulle ken almal. As hulle die Nationwide-stert herken, hoor jy 'n vreugdekreet. Daardie vreugde is nou weg uit hul lewens. Vir die Julievakansie moet ander planne gemaak word. Hoe verduidelik jy vir kindertjies dat van al jou beloftes en al hul droompies niks gaan kom nie oor iets soos 'n lugdiens se "likwidasie"? Al "likwi" wat hulle ken, is Liqui- Fruit! Watter planne ons maak (en hoeveel duisende ekstra Oupa en Ouma nou sal moet opdok) gaan iets oorlaat om te verduidelik - hoe weet ek nie. Dit is: Hoekom is dit nie Nationwide nie, Oupa?" "Omdat Nationwide 'gevou' het, my seuntjies". Dit klink simpel. Nationwide, weet dat van al julle teleurgestelde passasiers Jacob en Thomas julle dalk die heel meeste gaan mis. "Trane rol oor Nationwide," berig Die Burger vanoggend op sy voorblad. Ja, trane rol oor Nationwide. Stuur jou storie, foto en video na:
mystorie@beeld.com. Stuur gerus 'n kop-en-skouer-foto van jouself saam.
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|