Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Op 12 Mei brand ons 'n kers
Op 12 Mei 1981 is ons dogtertjie gebore! Ons het haar Blyde genoem, want haar ouma is Blyde en dit is so 'n mooi naam. Blyde se ouer boetie was saam met haar net so bly toe daar nog 2 sussies in die gesin gearriveer het - 8 jaar en 10 jaar later. Soos enige gesin, was ons gesin bedrywig, veeleisend en vol verrassings. 'n Uitdaging om elke kind elke dag gevoed, gekleed, opgevoed en gelukkig te kry. Baie water het in die see geloop. Baie dinge het gebeur. Blyde het Januarie 2007 met haar laaste jaar op universiteit begin. Baie planne vir die jaar gehad. Opgewonde na die toekoms uitgesien. 'n Moontlike troue begin beplan. Maar wanneer 12 Mei 2008 aanbreek sal Blyde nie haar 27ste verjaarsdag vier nie. Want die oorlog op ons paaie het haar laat sneuwel. Sy is op 3 Februarie 2007 deur 'n roekelose, wettelose, onverskillige man van haar kosbare lewe beroof. Ons is van 'n sonskyn dogter, 'n talentvolle kunstenaar en 'n wonderlike, onmisbare ondersteuning vir haar broer en susters beroof. Ons mis haar so vreeslik baie. Dag vir dag moet ons die feit dat ons haar sonskyn-glimlag en haar borrelende geaardheid nie weer sal beleef nie, in die oë kyk. Ek lees dat Ingrid Lotz ook op 12 Mei verjaar - sy was 1 jaar jonger as Blyde. En my hart treur saam met haar ouers oor haar pragtige lewe. En my hart gaan uit na hulle, want hoe moeilik en hartverskeurend moet dit wees om daagliks te moet weet dat hul enigste kind so 'n aaklige en wrede moord moes beleef het. En ek lees dat Madeleine McCann, wie op 3 Mei 2007 vermis geraak het in Spanje, ook op 12 Mei verjaar. Sy sal op 12 Mei 5 jaar oud wees. En my hart kan nie weet hoe haar ouers moet voel nie. Die onsekerheid of sy nog lewe, of sy versorg is, of sy dalk siek is - wat 'n vreeslikheid moet
dit nie wees nie!
Op 12 Mei gaan ons 'n kers aansteek vir Blyde en al die ander pragtige kinders wat in ons siek en wettelose samelewing van ons as ouers
weggeskeur is. (En saam met die ouers bly wees wie se kinders wel hule verjaarsdag met hulle kan vier op 12 Mei.)
En in ons harte ween - maar ook met verlange uitsien na die herontmoeting in die ewigheid. Dis al hoop wat ons het!
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|