Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Ouma van vele word tagtig
My oupa is in 1990 oorlede en ek het nie werklik 'n herinnering van hom oor nie. Ek was maar 9 jaar oud toe hy oorlede is. Maar die familie praat met groot lof van hom. Hy was 10 jaar my ouma se senior en het blykbaar 'n sagte hart van goud gehad. My ouma was maar die een wat die kinders moes pakslae gegee het as hulle stout was, want my oupa het nie die hart vir dit gehad nie. Ten spyte van die feit dat my ouma so 'n kwaai vrou in haar jonger dae was, kan ek net 'n vriendelike, liefdevolle ouma onthou. Haar hart is groter as die provinsie waarin sy bly en haar deur staan altyd oop vir enige iemand wat haar nodig het. Sy het vele van haar kleinkinders in haar eie huis geneem en versorg en versorg my een oom al vir oor die 20 jaar. My ouma het 13 kinders in die lewe gebring, maar een van die 13 het net tot op 'n paar maande geleef. Andersins hulle 12 kinders, 5 dogters en 7 seuns en dit in 'n drie-slaapkamer huis met een badkamer en een toilet. My ouma bly al 51 jaar in dieselfde huis in Venterspost. My ma was 11 maande oud toe hulle daar ingetrek het, en my ma word hierdie jaar al 52. My ma is ook my ouma se naamgenoot. My ouma se oudste oorlewende kind word hierdie jaar 60 en 8 van my ouma se kinders leef nog. Vier seuns en vier dogters. Dus het my ouma 5 van haar eie kinders oorleef. Elf van my ouma se kinders het vir haar 29 kleinkinders gesamentlik gegee, waarvan 3 ook reeds oorlede is. Ons kleinkinders het al vir my ouma 16 agterkleinkinders gegee en my ouma se 17de en 18de agterkleinkinders is oppad in Augustus. Wat vir my baie spesiaal is, is die feit dat ek haar 14de kleinkind is en my seuntjie haar 14de agterkleinkind is. My ouma is geneig om te sê dat sy 'n swaar lewe agter die rug het, maar dat dit wat sy daaruit gekry het, vir haar die swaarkry werd is. Want hoeveel 80-jarige vrouens kan sê dat hulle soveel nakomelinge het? My ouma se familie is haar trots en sy word absoluut deur hulle op die hande gedra! Daarom gaan ons nou as familie vir haar 'n groot verrassingspartytjie by my een tannie se huis hou in Venterspost. Ons verwag ongeveer 80 mense en almal sien daarna uit om die hele familie bymekaar te sien. Ons bly almal so dwarsoor die land, dat 'n geleentheid soos dié nie sommer in 'n leeftyd gebeur nie. Ons gaan die feesviering op 7 Junie 2008 hou, maar my ouma se verjaardag is 3 Junie 2008. Daar is nog vele wat ek van my ouma kan sê, maar ek glo dat dit wat ek wel van haar gesê het, genoeg is om Suid-Afrika se lesers in groot bewondering na haar te laat kyk. Stuur jou storie, foto's en video's na mystorie@beeld.com.
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|