Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Olifante, piesangs en ’n onbeplande ontkleedans
Hierdie episode het in die 1990’s gebeur . . . In daardie jare was Japannese pêrels hoogmode en ek het dikwels na Japan gereis vir aankope. Om jou reis te verleng en ’n draai deur een van die ander Oosterse lande te maak, was toe nog relatief goedkoop. Ek het dus my kinders om die beurt saamgeneem op so ’n reis. My seun was pas 15 toe dit sy beurt was en ons het Thailand saam besoek. Van Bangkok is ons na Chaingmai waar ons onder meer ’n olifant-opleidingskamp wou gaan besoek. Ons het ’n gids gehad wat ons aangeraai het om lig aan te trek aangesien dit baie warm kon word. Ek het ’n oorslaanromp aangetrek wat net met ’n knopie en drukkertjies vasgemaak het. By die hek van die olifant-opleidingskamp het die gids ons gevra om piesangs te koop om die olifante te voer. Dit was natuurlik ook deel van ’n projek om die plaaslike bevolking geldelik te ondersteun. Ek het twee trosse piesangs gekoop, een vir my en een vir my seun. By die kamp was daar reeds ’n honderd of meer mense wat hul plekke op houtbalke ingeneem het vir die vertoning. Daar was ’n groot olifant wat toe reeds deur omtrent almal piesangs gevoer is en ek het besluit om my piesangs vir ’n olifantjie te gee. Ek draai toe om, en wou net aanstap na die olifantjie, toe die groot olifant besluit hy wil m? piesangs ook hê. Hy gryp toe daarna, mis dit . . . en gryp my romp vas. Hy gee toe net een pluk, en daar staan ek in net die allernodigste voor ’n skare van byna tweehonderd mense. Pleks om stil te bly, gil ek toe ten hemele en spring in die lug om my broodnodige kledingstuk in die hande te kry. Die kameras het nie ophou flits nie. Ek het nie geweet waar om my kop in te steek nie. My seun het so gelag dat hy vergeet het om ’n foto te neem. Ná my onbeplande “ontkleesprong” het mense probeer om ’n geselsie aan te knoop, maar ons gids het seker gedink hy moet my beskerm en het my ferm aan die arm geneem en weggelei!
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|