Lee-Ann weer die sexyste
"Ek het dadelik in trane uitgebars. Ek het nie gedink ek het 'n kat se kans om dit weer te wen nie."
Beeld
Matriek-fotokompetisie
Kyk na van die matriekafskeid-foto's wat reeds ontvang is.
Stuur jou foto na jip@beeld.com.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Groot man bring klein handsakkie
Jul 24 2008 12:31:07:460PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend

Úlze van Wyk, Pretoria

Ek wil graag ’n goeie woord oor ons land uitspreek.

Laas Maandag het ek en my familie teruggevlieg van Oos-Londen af. Nadat ons alles gekry het en oppad huis toe is na Pretoria, ontvang ek ’n oproep.

Dit is my dogter wat my bel, maar sy sit agter my in die kar.Ek vra haar toe hoekom bel sy my, sy sê dit is nie sy nie.

Ek antwoord toe die telefoon en met groot skok is dit ’n man se stem aan die anderkant. Hy wil my net laat weet hy het my dogter se handsak wat sy in die trollie vergeet het, gekry!

Ek skrik só groot ek sê ek sal hom nou terugbel. Ek sê toe vir my man en natuurlik is hy onmiddellik kwaad.

My dogter se iPod, R100 en ’n selfoon is in die duur handsak.

Ek bel toe na haar nommer en hy antwoord toe weer.

Rufus is sy naam, hy werk by die lughawe, hy sal daar wees tot 10:00 die aand.

Nadat ek my man en ander dogter afgelaai het, ry ons toe terug O.R. Tambo-lughawe toe. Ek bel hom weer en hy sê hy sal my by parkeerarea 1 kry.

Daar kom ’n baie groot man met my dogter se klein handsakkie in sy hand aan.

Ek kon dit nie glo nie, ek het hom sommer ’n groot druk gegee en baie dankie gesê, oor en oor.

Hy het vir niks teruggevra nie en ek het hom ’n R100 gegee.Hy het net dankie gesê en geloop. Alles was steeds in die handsak.

Daar is so baie goeie mense in ons land, ons moet meer sulke goeie nuus vertel!

Stuur jou storie, foto of video na mystorie@beeld.com


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |