Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Dienslewering stort ineen
Rustenburg. – Die maandvergadering van die stadsraad van die Platinumstad het Dinsdag die jongste slagoffer van die ANC se interne bakleiery geword. Die vergadering moes afgestel word omdat daar te min raadslede was om ’n kworum te vorm. “Dienslewering stort in duie weens hierdie politiekery,” sê dr. Paul Swart, DA-raadslid. Volgens Noordwes-Beeld se inligting het slegs 21 van die 75 raadslede vir die vergadering opgedaag, terwyl 37 nodig is vir ’n kworum. Van die 21 was agt van die DA en een elk van die VF Plus, ACDP en UDM. Die res was ANC-lede. Die ANC se provinsiale bestuur het glo vroeër ’n boodskap aan hul raadslede gestuur dat hulle die onderlinge bakleiery moet los en hul werk as raadslede moet begin doen. Nadat die vergadering afgelas is, het ’n raadslid glo aan Swart gesê hulle laat hulle nie deur die ANC van die provinsie voorsê nie en sal maak soos hulle wil. Rustenburg groei so vinnig dat die stad se inwonertal die afgelope vyf jaar verdubbel het. Die groei word egter in gevaar gestel deurdat sommige portefeuljekomitees maande laas vergader het. Die portefeuljekomitee vir infrastruktuur het op 6 September laas vergader, aldus dr. Swart. “Gedurende April is daar twee keer vergaderings belê wat afgestel moes word omdat daar nie ’n kworum was nie.” Rdl. Elsabé Bischoff (VF+) sê sedert Oktober is daar ’n algemene disfunksionaliteit in die raad. “Die portefeuljekomitee vir beplanning en ontwikkeling, een van die sleutelkomitees, verwys telkens groot besluite terug oor geringe goed soos spel- of taalfoute.” Ontwikkelaars raak omgekrap omdat groot projekte om dié redes maande lank sloer. Dinsdag se vergadering sou deur drie voorleggings en ’n middagete vir die raadslede voorafgegaan word. Die voorleggings sou oor ’n kliëntebestuurprogram, vervoer en verkeer (wat die taxistaanplekke insluit) en die paaiestruktuur om Rustenburg gaan. Van die besluite wat sedert verlede jaar sloer, is die aanstelling van drie direkteure wat ’n finansiële hoofbeampte insluit. Die DA sou ook ’n mosie ter tafel lê oor die stad se infrastruktuur wat in duie stort. ’n Ontwikkelingsprojek van miljoene rande moet ook nog ’n maand wag omdat die finale koopprys van die grond deur die raad goedgekeur moet word.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|