Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Wat word van Deelkraal?
Potchefstroom. – Die departement van grondsake en die LUR vir landbou in die Noordwes swyg soos die graf oor die toekoms van die plaas Deelkraal. Die reuseplaas wat tussen Potchefstroom, Fochville en Carletonville in die Gatsrand geleë is, is onderverdeel. Verskeie boere wag om te hoor of die staat die grond gaan onteien of nie. Die boere het twee jaar laas enigiets rakende die eis gehoor en voel hul lewens “markeer die pas”. “Ek is oortuig dis ’n vals grondeis, maar ek kan nie met my lewe aangaan nie. Ek gaan nie verder hier ontwikkel en geld bestee as die regering van plan is om my grond te vat nie. Hier is grafte op die plaas uit 1865 van witmense wat hier gebly het,’’ sê Wietch Fourie wat een van die spogplase in die gebied bedryf. Fourie en die ander boere staan die eis teen op grond van die geskiedenis van die gebied en lugfoto’s wat dateer uit die vyftigerjare. In ’n verhandeling wat dr. Sonja van Eeden van die Noordwes-Universiteit se Puk-kampus oor die Deelkraal-gebied gedoen het, blyk dit die gebied is reeds op 3 Junie 1839 aan boere toegeken. Ene “Harmse en sy familie het hulle reeds teen 1836 op die terrein van die huidige plaas Buffelsdoorn in die Gatsrand bevind”. Die plaas Deelkraal is op 12 Oktober 1839 aan W. Meintjies gegee. “Vir sulke eise moet die regering kyk na die tydperk ná September 1913. Vir my blyk die eis vals te wees. Ek sou nou graag wou weet hoe sal die regering optree indien hulle uitvind die eis is wel vals. My vrees is dat hulle die vals eisers sal probeer akkommodeer. Ons wil vra hulle moet die eis herondersoek. Ons kry net eenvoudig nie antwoorde nie. Dit strem ontwikkeling in hierdie gebied,’’ sê Fourie. Fourie het Noordwes-Beeld se hulp ingeroep om vir die boere antwoorde te kry. Nóg die department van grondsake nóg die woordvoerders van die LUR vir landbou in die Noordwes het op die skriftelike navrae gereageer.
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|