Gaan Mbeki by buurtwag aansluit?
Daar's eintlik vrek baie ooreenkomste tussen pannekoek bak by 'n basaar en kinders grootmaak...
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


Orkney Vaal-huise vir eers veilig
May 01 2008 09:21:42:273AM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend



Die inwoners van die Orkney Vaal-oord buite die dorp kan vir eers asemhaal. Hul blyplek sal nie gesloop word nie.

Dit kom nadat die VF+ verlede week ’n skikking met die Matlosana-stadsraad bereik het oor die sloping van strukture in die oord.

Hiervolgens sal die strukture nie gesloop word nie en het inwoners agt maande om regstellings te doen waar bouregulasies oortree word.

Die skikking is ’n bevel van die hof gemaak.

Die VF+ se regspan het namens die ses betrokke inwoners opgetree. Opdrag is gegee aan die prokureurs Botha De Wet en Rood en ’n advokaat van Potchefstroom het die saak hanteer. Die partye dra elk hul eie regskoste en die VF+ dra die koste van die ses inwoners.

“Die hofsaak bring sekerheid vir die inwoners,” sê Pieter Groenewald, provinsiale leier van die VF+ in Noordwes.

“Daar is van die begin af gesê die inwoners is nie bloot dwars nie en hulle is bereid om veranderings aan te bring indien hulle bouregulasies oortree het. Die regskoste kon vermy gewees het indien die burgemeester, China Dodovu, sy deel van die ooreenkoms met die VF+ nagekom het.

“Ander inwoners wat in die toekoms sulke regskennisgewings ontvang, kan hulle nou op ’n soortgelyke beslissing beroep. Inwoners moet egter die bouregulasies nakom en behoorlike planne indien.

“Bouplanne wat nou ingedien word, sal volgens dieselfde kriteria beoordeel word as soortgelyke planne wat reeds deur die stadsraad goedgekeur is. Inwoners kry nou ’n billike geleentheid en moet gebruik maak daarvan,” sê Pieter.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |