Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Hoewe klap by fees
Perdehoewe gaan behoorlik klap wanneer een van die skouspelagtigste perdevertonings tot nog toe in Noordwes te sien gaan wees. En daar is heelwat meer wat besoekers op 10 Mei by die Hoefslagfees op die plaas Geyerspan naby Lichtenburg kan verwag. Die grootste aantal Friesperde aan lang leisels wat nog ooit in die land bymekaar was, die eerste ingevoerde perde van die antieke Norikerras en die kleinste miniatuurmuiltjie in die land is van die interessanthede wat feesgangers sal begroet. Van 09:00 af sal nie minder nie as 15 verskillende perde- en ponierasse aan 50 nommers deelneem terwyl 16 Friesperdhingste aan lang leisels vir ’n ongekende skouspel sal sorg, sê Piet Botha, direkteur van National Horse & Livestock Promotions, wat die fees aanbied. Die ses Norrikerperde wat Botha onlangs uit Oostenryk, hul land van herkoms, ingevoer het, sal ook by die fees optree. Hy het hierdie mediumgroot trekperde die land ingebring om ’n bier- en wynwa te trek by feestelike geleenthede. Hierdie ras dateer van voor die Romeinse tydperk. Die wa sal ook op 10 Mei vertoon word. Aangesien die wa met wyn en bier sowat drie ton weeg, sal dit nog nie deur die Norrikers getrek word nie. Die perde is nou eers een jaar oud. Diegene in die noordelike provinsies wat nie die verskil tussen ’n Friesperd en ’n Suid-Afrikaanse Vlaamperd ken nie, sal op Geyerspan die geleentheid kry om wel die verskille waar te neem. Ofskoon SA Vlaamperde hoofsaaklik in die Wes-Kaap voorkom, sal Renier Janse van Renburg van Bothaville sy twee SA Vlaamperdhingste, Robyn en Scheepers, in die dubbeltuig vertoon. Dié ras is reeds ongeveer ’n halfeeu lank deel van die Van Rensburg-familie. Die klein muiltjie, wat in die MMC-miniatuurperdstoet van Potchefstroom geteel is, is ook uniek. Benewens ’n bees- en skaapparade, ’n span osse wat ’n kakebeenwa trek en optredes deur musiekkunstenaars soos Zak van Niekerk, sal die jaarlikse veiling van verskillende perderasse wat om 16:30 begin, ook vir groot opwinding sorg. Toegangsgeld is R50 per persoon (kinders onder ses jaar is gratis). Navrae oor die fees kan gerig word aan Piet by 082 920 7443 of Hennie by 072 273 6042.
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|