Altyd met 'n glimlag
"Natalie is doodmoeg van al die opwinding en 'n lang vlug."
Kyk na video
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


Eintlik is hulle ‘sensitief’
May 01 2008 09:21:39:507AM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Kobus Steyn by van sy krokodille wat luilekker in die son naby die Hartbeespoortdam lê. Foto: Daleen van Manen
Daleen van Manen


Silkaatsnek. – As jy ’n krokodil teëkom, laat hom groot genoeg skrik en jy kom dalk weg.

Krokodille vrek maklik van stres, en selfs ’n gekneusde ego kan skynbaar dié prehistoriese dier laat wegkwyn.

Rocky, ’n krokodil by die Inyoni-krokodilplaas wat al meer as 80 jaar oud is, is onlangs dood toe ’n jonger krokodil hom die stryd aangesê en sy dam oorgeneem het.

“Hy is nie beseer nie, maar het net ’n ruk nadat hy sy baasskap verloor het, gevrek” sê Kobus Steyn, eienaar van dié toeriste-aantreklikheid waar sowat 8 000 krokodille hul tuiste het.

Die krokodilplaas naby Hartbeespoortdam dien hoofsaaklik as teelstasie. Velle word na Korea en Europa uitgevoer en vleis na die Ooste. Net die velle en vleis van jong krokodille, tot sowat twee jaar oud, word gebruik.

En dis gewis nie ’n maklike taak om krokodille te teel nie. Buiten dat hulle sowat drie ton hoenders per week eet, moet die wyfies se eiers “gesteel” word en die kleintjies soos babas opgepas word sodat hulle hulself nie “doodstres” nie.

“Wyfies lê hul eiers, tot 80 op ’n slag, in September en dan moet ons soggens vroeg spring om die eiers uit te grawe voor sy mooi wakker is. Wat vir my nogal hartseer is, is dat ’n wyfie nog vir drie maande lank haar nes oppas voor sy tou opgooi.”

Die temperatuur waarteen die eiers uitbroei, bepaal die geslag. Mannetjies broei uit teen 30˚C en wyfies onder 28˚C. Die pasgebore krokodilletjies word vir die volgende twee jaar in ’n kunsmatig beheerde omgewing met ’n konstante temperatuur van 30˚C grootgemaak.

“ ’n Krokodil kan tot 120 jaar oud word en wissel sy tande sowat 36 keer in sy leeftyd,” sê Kobus. ’n Babakrok word met ’n eiertand op sy snoet gebore om die dop te breek. ’n Krokodil is eers tussen agt en tien jaar geslagryp en lê net een keer per jaar eiers.

“Dis nie ’n lekker ding om hulle te slag nie. ’n Mens leer hulle al ken. Hoewel ’n krokodil nooit ‘mak’ word nie, is hulle taamlik verdraagsaam as hulle sekere mense gewoond is.

“Ons moet daagliks die kampe so tussen die diere skoonmaak en gras sny. Hoewel hulle ons verdra, moet ’n mens maar in jou pasoppens wees, veral as die wyfies eiers lê. Hulle storm as jy naby die nes kom.”

Bel Kobus by 082 553 3232 vir inligting of opvoedkundige toere.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |