Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Angstige boere kwel hul ál meer
Brits. – Grondeienaars is deesdae onrustig en verdeeld oor die swaard van grondeise wat oor hul koppe hang. Dit het duidelik geblyk by ’n onlangse krisisvergadering van die boere in die Geluk-omgewing teen wie se plase eise ingedien is. ’n Voorstel om hul grond aan die grondeisekommissaris aan te bied voor die nuwe onteieningswet intree, het skerp reaksie uitgelok en boere verward gelaat. “Dit is duidelik dat die boere onrustig is en nie oor al die nodige inligting oor die nuwe voorgestelde onteieningswet beskik nie,” het Pierre Bezuidenhout, voorsitter van die Geluk-grondeisekomitee, gesê. “Daar is te veel gerugte en te min konkrete inligting. Boere wat hul grond aan die kommissaris aangebied het, kry nie terugvoering nie. “Diegene wat die grondeise teenstaan, is nog meer in die duister. Die komitee het die kommissaris al herhaaldelik versoek om die saak na die grondeisehof te verwys, maar ons versoek en navrae word geïgnoreer. “Al afleiding wat ons kan maak, is dat daar iets sinisters aan die gang is rakende die nuwe voorgestelde wetgewing, wat glo gister in werking sou tree. Dit wil voorkom asof die kommissaris vir tyd speel tot dit vir die boere te laat is.” Pierre sê die gesloerdery veroorsaak verdeeldheid. “Die moontlike onteiening van hul grond is vir die boere ’n allesoorheersende kwelling. Hul toekoms is op die spel en die gebrek aan inligting en die owerhede se weiering om met hulle te kommunikeer, voorspel niks goed nie.” Meer as 200 boere en 12 000 ha grond word deur die grondeise geraak. Noordwes-Beeld se navrae by die kommissaris is teen druktyd nog nie beantwoord nie.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|