Altyd met 'n glimlag
"Natalie is doodmoeg van al die opwinding en 'n lang vlug."
Kyk na video
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


Jaws-span vat bakkie by 'onskuldige'
May 01 2008 09:21:37:977AM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend

Klerksdorp. – Die departement van vervoer, paaie en gemeenskapsveiligheid in Noordwes word deur ’n siviele geding in die gesig gestaar nadat hulle geweier het dat ’n werknemer ry omdat daar glo ’n uitstaande boete op sy werksvoertuig was.

Frans Shuping, werknemer van Derick Fensham van Action Force Security, was op pad om wagte in Orkney te ruil toe hy in ’n padblokkade van die departement afgetrek is. Die span staan bekend as die Jaws Team en al hul voertuie vertoon die nommerplaat Jaws NW.

Meer as 100 motors is in Klerksdorp geskut weens uitstaande boetes.

“Daar was twee uitstaande boetes op die bakkie waarmee ek gery het. Een boete is in die naam van Gavin Fensham (die eienaar se broer) en die ander vir Coen J. van Rensburg. Daar was geen uitstaande boetes op my identiteitsnommer nie. Ek mag steeds nie gegaan het nie.’’

Fensham se prokureur, Pietman Myburg, is na die toneel toe. “Die personeel het geweier om hulself te identifiseer, geweier dat my kliënt gaan en my gevloek. Dis onaanvaarbaar. Jy kan nie iemand in hegtenis hou vir boetes op die voertuig nie. “Hulle het nie sy regte aan hom voorgelees nie en gesê hy is nie onder arres nie. Maar hy mag nie gegaan het nie. Jy mag ook nie beslag lê op ’n voertuig sonder ’n lasbrief van ’n landdros nie. Dis ongrondwetlik. Hulle het meer as ’n uur met my kliënt rondgery en hom bykans 90 minute later eers laat gaan.”

Fensham is woedend. Hy het aan Noordwes-Beeld die “uitstaande boete” vir sy broer asook die bewys van betaling (in April 2007) gewys. “Dit kan nie so werk nie. Dit het my geld aan oortyd en ekstra brandstof gekos en my roosters deurmekaar gekrap. Boonop het hulle my bakkie gehou.’’ Die bakkie is ná ’n dringende hofaansoek aan Fensham terugbesorg.

Hy en Myburg weier om die saak hier te laat.

Volgens James Moche, departementele woordvoerder, mag beamptes voertuie hou totdat uitstaande boetes betaal is.

“Hulle moet hulself egter identifiseer en hul naamplaatjies dra. ’n Mens mag nie in hegtenis geneem word indien die lasbriewe nie teen hom is nie. Die Jaws-span is veronderstel om binne die wet op te tree. Indien ’n boete twee keer betaal is, sal ons die geld terugbetaal.”


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |