Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
DA vra Molewa se hulp
Rustenburg. – Die Platinumstad en sy inwoners ly onder die “wanfunksionering” van die Rustenburgse stadsraad. Dít is die boodskap van die opposisie-raadslede aan die premier van Noordwes. Paul Swart, voorsitter van die DA-koukus, sê in die brief aan premier Edna Molewa die interne struwelinge van die ANC-meerderheid in die raad het so toegeneem dat die raad glad nie meer normaal funksioneer nie. Die infrastruktuur verswak teen ’n kommerwekkende pas en in talle gevalle het ontwikkeling tot stilstand gekom. Van die voorvalle wat Swart noem, is die onverwagse vervanging van ’n burgemeesterskomiteelid voor die omstrede Polo?kwane-konferensie, die uiters onreëlmatige mosie om van die uitvoerende burgemeester ontslae te raak en die aanstelling van drie direkteure wat sedert Oktober sloer. Telkens voordat die aanstellings by ’n raadsvergadering bespreek sou word, het ’n raadslid vir ’n koukus gevra – ’n aanduiding dat die ANC-raadslede oor meer inligting rakende die aanstellings beskik as die ander raadslede. Verder word aangeleenthede ná ’n lang gekoukus gedurig terugverwys om by spesiale raadsvergaderings bespreek te word waar weer daaroor gekoukus word en dit dan teruggetrek word. Die jongste “slagoffer” van die interne struwelinge was die raad se maandvergadering wat verlede week nie kon plaasvind nie omdat daar nie ’n kworum was nie. Cornelius Monama, hoofdirekteur van kommunikasie in die kantoor van die premier, het die ontvangs van die brief bevestig. “Die premier beskou die beweringe in ’n baie ernstige lig. Sy het die LUR vir ontwikkelende plaaslike regering en behuising, Howard Yawa, opdrag gegee om dit dadelik te ondersoek en aan haar verslag te doen. “Dit is vir die premier belangrik dat al die munisipaliteite optimaal funksioneer sodat hulle hul verantwoordelikhede teenoor hul gemeenskappe kan nakom. As deel van hierdie doelwit gaan die premier ’n imbizo-besoek aan sekere munisipaliteite bring om struikelblokke in die weg van dienslewering te ondersoek en gepaste ingrypingsprogramme in te stel. “Die premier sal die aangeleentheid direk met dr. Swart opneem sodra sy al die inligting het.”
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|