Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Optogte in 2 dorpe
Noordwes-kantoor. – Volgende week sal boere sowel as lede van die vakverbond Cosatu hul stem dik maak in Noordwes. Cosatu oorhandig Maandag in Swartruggens ’n memorandum oor hul griewe oor onder meer die polisiediens, die departement van justisie, beweerde rassisme en viktimisasie van plaaswerkers. “In Swartruggens kry jy geen respek as jy nie geld het nie. Ons is moeg daarvoor dat wit mense met geld dadelik borg kry as hulle ’n misdaad pleeg,’’ sê Solly Phetoe, provinsiale sekretaris van die vakverbond. Dit kom nadat ’n pa en seun, Chris Smit sr. (40) en Chris Smit jr. (20), van Swartruggens Maandag op borgtog van R2 000 elk vrygelaat is. Hulle het die grootste deel van die Werkersdag-langnaweek agter tralies deurgebring. Hulle is aangekla van aanranding en aanranding met die opset om ernstig te beseer nadat James Mpepe en Samuel Marumulwa (albei 58) glo op die plaas Doornkom aangerand is. Cosatu voel ontevrede oor die toestaan van die borgtog. Die optog begin om 10:00 en Cosatu hoop die minister van veiligheid en sekuriteit sal persoonlik hul griefskrif in ontvangs neem. In Lichtenburg is inwoners eweneens vasbeslote om Dinsdag in ’n massaoptog vir alle inwoners hul stem dik te maak oor veral geweldsmisdade. Dié inisiatief van die Transvaalse Landbou-unie kom ná die wrede moorde op At en Katrien Deysel op hul plaas tussen Lichtenburg en Ottoshoop twee weke gelede, asook die wrede moord op Jeena Zaaiboon in Ottoshoop in Maart vanjaar. “Ons wil klem plaas op veral die wreedheid van misdade. LUR Franz Vilikazi het te kenne gegee hy sal ons onderskeie memorandums in ontvangs neem. “Verskeie partye soos die ACDP, DA, VF+, HNP en ander rolspelers soos Agriforum, asook ’n kerkgroep van Mafikeng sal elkeen kans kry om hul memorandums te oorhandig,’’ sê Paul van der Walt sr., president van die Transvaalse Landbou-unie. Alle deelnemers sal van die dorp se skougronde langs op ’n uitgewerkte roete tot by die stadsaal ry waar die griefskrifte oorhandig sal word. “Die minister van veiligheid is nie toeganklik nie en daarom draai hy soms sy kop weg vir gebeure in Suid-Afrika. Hierdie optrede het niks met ras te doen nie. Ons wil almal in die gemeenskap betrek. “Ons wil ook vra dat polisiekorrupsie weer aandag sal geniet. Dat die polisie sal introspeksie hou en die swak elemente verwyder,’’ sê Van der Walt.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|