Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Village Mall lok almal om te kom koop en kuier
Hartbeespoort. – Inwoners van dié dorp en omliggende gebiede hoef binnekort nie meer 50 km en verder na Pretoria en Johannesburg te ry om inkopies te doen nie. ’n Beloofde winkelsentrum van wêreldklas wat sal spog met talle van die gewildste kettingwinkels open in Oktober vanjaar sy deure hier. Die Village Mall @ Hartbeespoort van 15 000 m², op die hoek van die R511 en Magalies-boulevard, naby die Hoërskool Hartbeespoort, sal gewilde winkels soos Woolworths, Truworths, Checkers, Jet, Foschini, Clicks, Mica, CNA, News Cafe, McDonald’s, Nando’s en Doppio Zero huisves, om net ’n paar te noem. Volgens die ontwikkelaar, Etienne Eygenberger van Retail Africa, sal die inkopiesentrum ’n unieke kleindorpse atmosfeer herskep wat verder strek as die verwagtinge van die plaaslike gemeenskap. “Dit sal ’n groot winkelsentrum wees wat spog met die suksesvolste en gewildste handelsmerke in Suid-Afrika. Dit sal nuwe lewe in die vallei bring en ons verwag dat dit besoekers van Pretoria en Johannesburg sal laat instroom. “Ons doel is om dit die plek te maak waar die gemeenskap kan koop, ontmoet en kuier.” Maklike toegang, ruim en volop parkeerplekke en paaie wat ontwerp word om gladde verkeervloei in die omgewing te verseker, word deur die ontwikkelaar beloof. Die sentrum sal ook spog met ’n groot piazza met talle restaurante en koffiewinkels vir kuier en ontspan. “Hartbeespoort het nog altyd enorme potensiaal gehad en ons glo ons benadering tot ontwerp is die rede waarom Suid-Afrika se top-kleinhandelaars so gretig is om by ons aan te sluit en nuwe lewe in die omgewing te blaas,” sê die verhuringsdirekteur, Richard O’Sullivan.
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|