Gaan Mbeki by buurtwag aansluit?
Daar's eintlik vrek baie ooreenkomste tussen pannekoek bak by 'n basaar en kinders grootmaak...
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


Afrika-medaljes Puk toe
May 08 2008 01:34:50:683PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Anika Smit (Afrika-kampioen in hoogspring) in aksie. Smit, 'n student aan die NWU-Puk, kom oorspronklik van Carletonville af. Foto: Piet de Jager
Piet de Jager

Sewe van die 22 medaljes wat Suid-Afrika verlede week by die Afrika-kampioenskap in Addis Abeba gewen het, is deur atlete van die NWU-Puk-atletiekklub saamgebring Potchefstroom toe. Die klub het drie goue, twee silwer- en twee bronsmedaljes gewen.

Justine Robbeson het haar enkel gedurende opwarming beseer en het nie deelgeneem nie. Simone du Toit het ook nie aan haar spesialisnommer, gewigstoot, deelgeneem nie. Janet Wienand (400 m-hekkies) het voor die byeenkoms aan die span onttrek. As hierdie drie atlete, wat gewis medaljepotensiaal het, wel kon deelneem, kon die Pukke dalk selfs meer medaljes vir Suid-Afrika gewen het.

Goud

Anika Smit: hoogspring: 1.88 m; Sunette Viljoen: spiesgooi: 55.17 m; Hennie Kotze: 110 m-hekkies: 13.95.

Silwer

Marcoleen Pretorius: hoogspring: 1.84 m; Willem Coertzen: 10-kamp: 7 374 punte.

Brons

Simone du Toit: diskusgooi: 47.10 m; Willem Coertzen: paalspring: 4.00 m.

Ander

4e plekke: Ockert Celliers: 400 m-hekkies: 49.93;

Janko Kotze: 110 m-hekkies: 14.31; 6de plek: Thumelo Thagane: driesprong: 15.86.

Hannes Hopley van Rustenburg het die mansdiskusgooi gewen en Tsholofelo Thipe, ook van Rustenburg, het in die 400 m vierde gekom maar het met haar tyd van 51.49 vir die Olimpiese Spele gekwalifiseer.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |