Video: Spikkels bring Beeld
Plof! Uit die bed, deur die veiligheidshek, af met die trappe tot by die motorhuisdeur...
Beeld
Matriek-fotokompetisie
Kyk na die eerste matriekafskeid-foto's.
Stuur jou foto na jip@beeld.com.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Staak vingerwys oor krag en begin die krisis oplos
Feb 06 2008 06:23:13:173PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Danie Steyn, Sinoville

Kom ons staak die vingerwysing in die soeke na ’n skuldige vir die kragdilemma wat moontlik op ’n katastrofe kan afstuur. Ons weet mos in die eerste instansie dis die regering in die beskuldigdebank, die regering wat ná sy bewindsoorname Eskom se ontwikkelingsplan afgekeur het. Wát ’n vertoon van insig en wysheid.

Die tweede aangeklaagde is Eskom; nie weens ’n gebrek aan beplanning nie, maar omdat die Eskom-bestuur politiek gedienstig toegegee het aan die regering se besluit.

Hoeveel meriete transformasie ook al mag hê, is polities gemotiveerde transformasie nie die norm vir tegnologiese kundigheidstransformasie nie.

Kom ons laat die vingerwysings nou daar, dit is water onder die brug deur waarmee die meul nooit weer sal maal nie. Kom ons vertrou net dat Eskom sy les geleer het, die les dat politieke gedienstigheid in ’n monopolistiese kragopwekkingsbedryf ernstige gevolge kan hê.

Kom ons soek liewer saam na aanvaarbare oplossings om die krisis te oorbrug.

  • Kom ons, Eskom, maak seker dat die Cahora Bassa-dam se bykans 1 200 MW deurlopend behoue bly;

  • dat die regering en sy vennote op provinsiale en plaaslike vlak plaaslike besture kan beveel om beplanningskundigheid te mobiliseer sodat beurtkrag op ’n beplande, ekonomies gegronde grondslag toegepas word, en terselfdertyd beurtkragprogramme op ’n deursigtige manier aan die gemeenskap en groot verbruikers beskikbaar maak;

  • dat Eskom tegniese kundigheid en vaardighede mobiliseer om die instandhoudingsagterstand voor die winter uit te wis;

  • dat Eskom op alle terreine goedkeuring kry om nuwe sentrales modulêr te ontwerp sodat dit in fases in diens gestel kan word; en

  • almal, ek bedoel álmal, met die besparingsprogramme saamwerk deur masjiene en toestelle wat baie krag verbruik, te vervang met goed wat minder en alternatiewe krag gebruik en só die verbruik van elektrisiteit tot die absolute minimum te beperk.

    My aanvoeling is dat as hierdie enorme probleem nie deur almal met alle erns aangedurf word nie, ons ekonomie en 2010 op ’n katastrofe afstuur.

    Die sluiting van ons myne – wat ons ekonomie se enjin is – is dalk die eerste simptoom van wat nog wag.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

  • vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |