Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Cahora Bassa is die oplossing!
Ek is verbaas om te sien Alec Erwin sê ander lande met kragprobleme, anders as Suid-Afrika, koop krag van hul bure! Dit is bekend dat die Cahora Bassa-hidroëlektriese kragsentrale in Mosambiek ’n bykomende vermoë van bykans 12 000 MW het. Dit is meer as drie steenkool- kragstasies se kapasiteit. Daar moet net kundige personeel by Cahora Bassa gekry word om dit na kapasiteit te laat werk en hoogspanningkabels om die krag na Suid-Afrika te gelei. As die regering dit in 2004 gedoen het, het ons nie nou probleme gehad nie. Hidroëlektriese krag is ook ’n baie beter kragbron as dieselkragopwekkers. Waarom kyk die regering nie na dié opsie nie? Is dit omdat noodwendig kundiges, dus blankes, aangestel sal moet word en dít nie inpas by sy rasgedrewe politiek nie? Of sal dit ’n veel goedkoper opsie wees as om kragstasies te bou en dat die kans op kick-backs dan soveel kleiner is?
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|