Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Wapenskandaal kring uit tot by ons rugbyklub
Die “wapenskandaal” wat tans groot nuus is in Suid-Afrika, het nie net die regering geraak nie, maar ook iets ver ondertoe soos ons plaaslike rugbyklub. Ek is betrokke by ’n toprugbyklub in Gauteng waarna dié bom ook rimpels deurgestuur het, asook na ’n vername motorhandelaar wat ons geborg het. Dié firma se vervaardiger in Duitsland het hul plaaslike verspreiders verbied om in enige borgskappe betrokke te raak alvorens hulle nie eers met volledige inligting by die Duitse verskaffers was en dié hul goedkeuring gegee het nie. Hierdie proses is so lank en uitgerek dat ons al klaar met die ligas sal wees as daar wel so ’n goedkeuring sou kom. Die plaaslike handelaar moet volledig meld wie die betrokke persone is wat aansoek doen vir die borgskap, asook wie almal by die handelaar betrokke is en wat hul belange by die borgskap se aansoeker is. Dit is duidelik dat hierdie vervaardiger baie versigtig is om nie ook in ’n moontlike verleentheid te kom nie aangesien daar so maklik korrupsie vanuit alle hoeke van ons land kan kom. Rubriekskrywer Henry Jeffreys (redakteur van Die Burger) vat raak wanneer hy in Beeld van 27 Maart skryf: “Korrupsie is die kanker wat die weefsel van ons samelewing wegvreet.” Ek skaam my oor wat ons regering aanvang en dat ons daaronder moet ly.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|