Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
God was daar toe 60 000 loof
Geagte Denker van Pretoria, Denker van Randburg en andere, Ek was bevoorreg om saam genooi te word na die Mighty Men’s Conference (MMC) deur ’n jare lange vriend. Ek “denk” ook al baie jare oor baie dinge in die Christelike geloof, hoewel ek in gr. 11 aangeneem en voorgestel is, die Heidelbergse kategismus uit my kop moes kon opsê en so aan. Op die MMC het ek iets beleef waaroor niemand die laaste weke die moed gehad het om te praat nie: die werking van die Heilige Gees! Ek as ’n nietige sondaarmens kon onmiddellik aanvoel dat die Heilige Gees daar was toe 60 000 manne met lofprysing begin het. Die boodskappe was reguit, geen massa-hipnose soos een skrywer dit in Beeld genoem het nie. Ek is trots om te sê dat ek tydens die konferensie bekeer geraak het, en verheug dat “I ?have Jesus in my corner”. Vir al die Denkers: Ek bid dat julle ’n keuse sal doen. Geloof is om te glo wat jy nie kan sien nie – en die beloning is om te sien wat jy glo.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|