Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Thabo se ‘openbare belang’ . . . ?
Die getuienis uit regeringskringe tydens die Ginwala-ondersoek na die skorsing van adv. Vusi Pikoli, hoof van die nasionale vervolgingsgesag, spreek boekdele. Ek verwys spesifiek na die aanhaling uit ’n skrywe deur pres. Thabo Mbeki aan adv. Pikoli, waarin dit gestel word dat dit nie in “openbare belang” is dat voortgegaan word met die strafregtelike ondersoek na komm. Jackie Selebi nie. Wie en wat is hierdie “openbare belang”? Dit is duidelik dat die regering ’n definitiewe agenda het oor wie op “beskerming” van die owerhede kan staat maak, en wie nie. Strafregtelike aanspreeklikheid speel klaarblyklik nie ’n rol op hierdie agenda nie. ’n Mens kan nie anders as om die huidige vlaag van misdaad en die negatiewe publisiteit wat die regering veral oor Zimbabwe kry, in die konteks van hierdie getuienis te sien nie.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|