Sorg só vir die aarde én jou gesin
Om eko-vriendelik te wees is lankal reeds mode skryf Liezel Joubert.
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


Ferdi, die gasbedryf vra verskoning vir geploeter
May 09 2008 08:29:42:777PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Chris Fourie, gaskonsultant, Pretoria

Ek verwys na die Beeld-forumartikel “ ’n Lang oorgang van krag na gas” (9 Mei) deur Ferdi Greyling.

Beste Ferdi, ek vra namens alle rolspelers in die gasbedryf (installering en toestelverskaffing) vir jou om verskoning vir die uiterse swak diens en jou ondervinding met die oorskakeling na gastoestelle.

Deesdae groei die gasbedryf geweldig vinnig, wat dit bitter moeilik maak om die regte raad te kry. Die meeste mense het baie min kennis van die bedryf.

Suid Afrika is ongelukkig ver agter die res van die ontwikkelende wêreld wat die aanwending van gas as energiebron vir huishoudelike gebruik betref.

Vanweë die vinnige groei, aangehelp deur Eskom se onvermoë om voldoende energie vir huishoudelike gebruik te voorsien, het daar geweldig baie nuwe rolspelers tot die bedryf toegetree, met min kennis en nog minder ondervinding.

Ek meen dit is en bly gesonde praktyk vir ’n kliënt om verwysings van werk gedoen deur gas-installeerders te gaan bekyk voordat jy besluit om hom te gebruik. Jy kan nie ’n installasie aan prys alleen meet nie, maar moet wel die hele pakket kan beoordeel.

Dit is uiters noodsaaklik dat elke huiseienaar baie seker maak dat hulle die regte raad kry oor toestelle en die beste installering vir hul behoeftes aangesien die verkeerde toestel se energieverbruik baie keer meer as dubbel die verbruik is van die regte toestel.

Ons is ’n franchise-groep van raadgewende ingenieurs en installeerders wat landwyd in die huishoudelike en kommersiële gasmark werk, en voorsien graag gratis hulp en advies aan voornemende gasverbruikers.

Indien u ontevrede of onseker is oor enige LP-gasinstallering, of swak diens van ’n installeerder, kan u ook die LP Gas Veiligheids-assosiasie kontak, en indien u ’n probleem met ’n “Natural gas”-installasie het, kan u Sasol Gas, of Egoli Gas in Johannesburg kontak.

Dit is noodsaaklik dat u as kliënt u stem laat hoor sodat die bedryf kan ontslae raak van kansvatters en mense wat nie ’n hoë standaard van diens lewer nie.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |