Sorg só vir die aarde én jou gesin
Om eko-vriendelik te wees is lankal reeds mode skryf Liezel Joubert.
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


Ek weier om in vrees te lewe
May 09 2008 08:29:39:823PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Ria, Roodepoort

Die opskrif bo die hoofberig op gister se voorblad, “Suid-Afrika, land van VREES”, het my sommer kwaad gemaak. Ek voel dat die media ’n verantwoordelikheid teenoor die publiek het om nie mense onnodig op te sweep nie.

Wanneer die meegaande berig gelees word, word daar genoem dat mense in die land onveilig voel, maar dit is ver van vrees af!

Ons in Suid-Afrika weier om soos slagoffers te leef wat vreesbevange is en dít vir misdadigers.

Ál vrees wat ek beleef, is dat al die wittes uit die land sal vlug omdat ons deur die media opgesweep word.

Ons leef steeds in ’n pragtige land en ja, ons gaan deur ’n moeilike tyd, maar só het ons voorouers ook deur moeilike tye gegaan.

Ek is een Suid-Afrikaner wat weier om bevrees te wees, al het ek ook al ’n gewapende rooftog oorleef.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |