Hoeveel het jý gewen?
Kliek hier vir die jongste én vorige Lotto-wennommers en uitbetalings.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Kerke is konstruktief; Beeld nie
May 11 2008 05:13:48:890PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Dr. Eduan Naudé, Lyttelton

Ek verwys na die keuse van Beeld se voorblad-hoofopskrif, “Suid-Afrika, land van VREES” (9 Mei) en die berig “Afrikaanse kerke vra regering om wet en orde te herstel” (bl. 4).

Dit is met teleurstelling dat ek deur hierdie uitgawe blaai en opmerk dat Beeld se redaksie eerder ’n berig wat wanhoop en paranoia aanblaas voorop wil stel en dan ’n konstruktiewe aangeleentheid op bl. 4 “versteek”.

Meneer die redakteur, dat die drie Afrikaanse kerke dit nodig ag om ’n gesamentlike verklaring uit te reik, is op sigself belangwekkend. Hulle verteenwoordig meer as 1,5 miljoen mense wat gelowig bid teen dié land se benarde posisie. Terselfdertyd woon die meeste van hierdie mense in Gauteng en lees hulle meestal Beeld.

Die drie Afrikaanse kerke gee op ’n sinryke wyse aandag aan ’n pandemie van geweld wat almal in die land raak.

En verder is die verklaring gerig aan ’n regering wat klaaglik daarin misluk om sy burgers die beskerming te gee wat hy as ’n opdrag van God ontvang het.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |