Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Dis lekker om ‘Bewoner’ in Tshwane te wees
Ek verwys na die berig “Raad weet nie wie moet betaal nie” (9 Mei). Op die portefeuljekomitee oor finansies se vergadering (8 Mei) het mnr. William Mahlangu, burgemeesterskomiteelid vir finansies, teen die DA te velde getrek asof die DA die inhoud van die dokument wat op daardie vergadering bespreek moes word, aan die media gegee het. Dit is nie waar nie. Die media het verwys na die inligting wat reeds op die vergadering van 10 April gedien het en waar daarop gewys is dat 22 000 huishoudings elektrisiteit ontvang het sonder om daarvoor te betaal. Mnr. Mahlangu sê ook die probleme met die meters is ou nuus. Waarom is dit dan nie lankal reggestel nie? Mnr. Mahlangu sê ook Vrydag in Beeld dat die situasie met die meters al baie beter daar uitsien en dat dit dalk al minder as 7 000 kan wees. Die dokumente wat op die portefeuljekomiteevergadering van 8 Mei gedien het, wys 7 767 van die 22 000 meters is nou aan ’n kontrak gekoppel. Volgens Beeld wou mnr. Ma?hlangu nie kommentaar lewer oor die R172 miljoen se dienste wat die Tshwane-raad gelewer het, maar nie weet aan wie om die rekening te stuur nie, aangesien die dokument nog nie goedgekeur is nie. Regstelling: Hierdie maandelikse korporatiewe verslag word van die raadslede weggehou en dien nie op ’n raadsvergadering nie. Volgens die dokumentasie is 80 huishoudings se rekeninge as slegte skuld afgeskryf. Hierdie rekeninge is almal uitgemaak aan “Die Bewoner” en sluit bedrae soos R46 000, R35 000 en R23 000 in. Wat moet mens doen om as “Die Bewoner” te registreer?
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|