Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Krag-morsjorse sal lang trane huil
Ek was uiters geskok toe ons oor die langnaweek in Johannesburg was. Ons het omstreeks 21:00 huis toe gery en verby die Hillfox-winkelsentrum gery. Ek was verbaas oor hoeveel ligte onnodig aan was. Daar is talle parkeerterreine waar ligte brand, maar geen winkels is oop nie, en geen siel is in sig nie. Daar is woonstelgeboue wat nog nie voltooi is nie, maar ligte brand buite elke eenheid. Moet ook nie eens praat van die pragtige huise teen die koppe nie. Ligte moet teen die palmbome skyn sodat almal 3 km ver kan sien hoe groot die boom is. En die mense met minstens agt ligte op die muur voor hul huis. Daar is duplekse waar alle ligte in die gebou brand, maar baie vertrekke leeg is. Kan elkeen nie net sy deel doen nie? Ons sal sien hoe huil julle as die verhogings van Eskom deurkom. Dalk sal morsjorse dan leer.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|