Hoeveel het jý gewen?
Kliek hier vir die jongste én vorige Lotto-wennommers en uitbetalings.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Beeld het die positiewe geïgnoreer
May 11 2008 05:13:45:390PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Me. P. Vinjevold, adjunk-direkteur-generaal: verdere onderwys en opleiding, Pretoria

Met verwysing na die berig “Matrieks se boeke nog nie afgelewer” (17 April), vestig ek graag u aandag op die volgende:

Die departement het al ses skole in die berig gekontak en met die betrokke skoolhoofde ’n onderhoud gevoer. Twee van die skole dra geen kennis van die Beeld-onderhoude nie, terwyl die ander vier verbaas was dat daar ’n “krisis” by hul skole heers.

Vier skole het aangedui dat hulle tevrede is met die aflewering van handboeke. Een het aangedui dat slegs die handboek vir ekonomie uitstaande is. Die departement het intussen 90 ekonomie-handboeke verskaf. Die vyfde skool was nie gelukkig met die handboek vir Engels nie en die departement het dit vervang.

Die sesde skool het wel probleme ondervind, hoewel die departement vasgestel het dat slegs een titel by die skool uitstaande was. Dit is verskaf en afgelewer.

Dit is jammer dat die verslaggewer die positiewe kommentaar van die skoolverteenwoordigers geïgnoreer het en geïsoleerde gevalle gekies het wat tot baie negatiewe verslaggewing gelei het.

Die departement streef daarna om hulp aan leerders en onderwysers te verleen om onderwys van ’n hoë gehalte aan alle landsburgers te gee.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |