Hoeveel het jý gewen?
Kliek hier vir die jongste én vorige Lotto-wennommers en uitbetalings.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Hou katbevolking in balans met omgewing
May 12 2008 10:03:54:017PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Anneke Brits, CatPals, ?Tshwane

Ek reageer as liefhebber van die hele stedelike natuurlewe – nie net die voëls en tuindiertjies nie, maar ook katte – op dr. Gerhard Verdoorn se rubriek in Naweek-Beeld .

Hoewel dr. Verdoorn ’n aantal baie geldige punte aanroer – soos dat katte uitstekende jagters is en ook voëls en diertjies vang wat ons wil beskerm – is daar ’n paar dinge wat hy uit die oog verloor.

Die belangrikste hiervan is dat dit hier, soos met alle dinge, om balans gaan. Toe mense in groot getalle in stede begin saamtrek het, is die katbevolking op verskeie maniere beïnvloed:

  • Mense hou katte as troeteldiere aan sonder om hulle te steriliseer. Só beland meer katte op straat.

  • Straatkatte word gelok na mense se kosbronne, waar daar ook rotte en muise is.

  • Omdat daar in stede meer kos en meer bome is, is daar ook meer voëls per vierkante kilometer as in die veld.

    Marion-eiland wys wat gebeur as die mens ingryp (mense het katte daarheen geneem) en toelaat dat die balans versteur word.

    Die katte is nie gesteriliseer nie en het uiteindelik geen ander voedsel as die seevoëls gehad nie.

    Die voëls was ook grotendeels weerloos, omdat hulle op die grond broei. En as die getalle van katte in die stede dermate sou afneem dat die rot- en muisbevolkings ontplof, sou mense weer meer gif gebruik, wat ’n verwoestende uitwerking nie net op voëls soos uile sou hê nie, maar ook op ons grond en waterbronne.

    Wat is die antwoord? Om die balans in hierdie onnatuurlike toestande te probeer handhaaf:

  • Ons moet ons wyfiekatte steriliseer voordat hulle hul eerste werpsel het.

  • Ons moet ’n klokkie om die kat se nek bind.

  • Katte moet ná verhuising behoorlik op die nuwe plek gesosialiseer word, deur hulle twee weke binne te hou en dan onder toesig aan die nuwe tuin bekend te stel.

  • Katte wat spesifieke probleme vir ons bure of die stedelike natuurlewe veroorsaak, kan ingeperk word.

  • Ons kan almal help met die sterilisasie en versorging van ons straatkatte, wat die resultaat van die mens se nalatigheid is.

    CatPals, ons organisasie, en ander soos Kitten Corner, voer byvoorbeeld bykans 1 000 sulke katte per dag en het al meer as 4 000 gesteriliseer. Ons het geldelike en fisieke hulp broodnodig.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

  • vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |