Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Tuin vernietig natuur, nie net kiets
Ek verwys na “Dink mooi voordat jy ’n kat aanskaf” (10 Mei), die rubriek deur die kathater dr. Gerhard Verdoorn. Ek is ’n katliefhebber. Ek besit nie ’n kat nie, want mens besit nie ’n kat nie. Hy bly by jou en jy moet hom versorg. Ek woon in Centurion wat op die plaas Droogebult aangelê is. My tuin is 104 m² groot, of klein. Hier is daagliks meer as 50 voëls in my tuin, want ek begaan die onvergeeflike sonde om hulle te voer: vrugte, brood, rys, en ook rou vleis vir die vleisvreters. Die vleis word gewoonlik deur die Indiese spreeus, vinke en tortelduiwe opgevreet en die laksmanne, lysters en Jan Fredericks kom sleg tweede. My punt is dat dít wat dr. Verdoorn so ontstel, die mens se fout is. Hier op Droogebult, soos elders, het ons die natuur vernietig en duisende kunsmatige planteryke aangelê. Ons noem dit “tuine”. In hierdie “tuine” gooi ons mis en miljoene liters water om weelderige plantegroei te kry. Dit verskaf kos en skuilplek vir voëls. Droogebult se voëlbevolking het dus tienvoudig(?), honderdvoudig(?), duisendvoudig(?) toegeneem. Waar mens voorheen ’n paar koesters, vinke en mossies gekry het, wemel dit nou van allerlei voëls: kwêvoëls, hadidas, grysneushoringvoëls, Indiese spreeus, en ringnekparakiete is volop. Hier is veral talle vleiloeries. Hulle vreet honderd maal meer kwikstertjies as wat ooit deur katte gevang word, ook trapsuutjies. Dr. Verdoorn pleit vir die kwikkie se lewe, ek pleit vir die kat se lewe. God het nie net kwikkies gemaak nie, Hy het katte ook gemaak. Hulle mag dus ook lewe. Het dr. Verdoorn ’n tuin? Indien wel, dan het hy reeds die natuur vernietig en die balans versteur.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|