Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Eskom kort slimmer bestuur
Wanneer ’n mens navorsing op die internet oor kragbesparing doen, kom jy gou agter daar is mense wat die saak met erns benader. Toe ons op besoek in Nederland was, het die gesin by wie ons gebly het, gas gebruik vir kook en waterverwarming omdat elektrisiteit net eenvoudig te duur is. Daar moet egter in gedagte gehou word dat hulle aardgas gebruik wat gekoop word van die Russe – heelwat goedkoper as die LPG-gas wat plaaslik beskikbaar is. Lees ’n mens verder, kom jy agter dat kragtariewe wisssel tussen piekgebruik en nauurse gebruik. Hier by ons hoes jy ongeag wanneer jy dit gebruik. Ek onthou baie goed hoe ons destyds vir Iscor apparaat gebou het wat die krag monitor en apparaat afskakel indien piekverbruik bo die perk styg. Iscor het ’n geweldige boete gekry as kragverbruik buite perke was. Dan onthou ek ook “ripple control” – ’n sein word deur die kraglyn gestuur wat huishoudelike waterverwarmers gedurende piektye afskakel. Die gebruik daarvan het blykbaar heeltemal verdwyn omdat Eskom baie dapper was en gedink het dat hulle in die vraag sal kan voorsien. Ja, daar is heelwat maniere om krag te bespaar deur slim te werk, maar nou lyk dit of die slimmes Eskom en plaaslike bestuur se diens verlaat het.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|