Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Is departement tevrede
dat hy onnies só inloop?
Onlangs is in die media verkondig dat onderwysers se salarisse noemenswaardig aangepas is met die doel om die beroep aantrekliker te maak. Dié saak is deur die departement van onderwys aan die groot klok gehang om bloot volpunte toe te ken aan Naledi Pandor, die minister van onderwys, se suksesvolle propagandaveldtog. Tot op datum het nie ’n enkele onderwyser die beloofde verhoging gekry nie. In die ooreenkoms wat op 3 April 2008 deur onderwysvakbonde onderteken is, is bepaal dat die verhogings van tussen 4% tot 9,9% terugwerkend tot en met Januarie 2008 aan onderwysers uitbetaal sal word. Ek het navraag gedoen het by verskeie vakbonde en die departement van onderwys self, en ek is meegedeel dat onderwysers onnodig gretig is om hul geld te kry. Dit is voorts aan my vertel dat onderwysers eers, indien hulle gelukkig is, einde Junie hul geld sal kry. As die beloofde verhogings einde Junie uitbetaal word, beteken dit dat die departement van onderwys ses maande lank rente op onderwysers se geld verdien. Gaan onderwysers vergoed word met rente op agterstallige betalings? Die departement van onderwys tree op soos ’n ontroue lewensmaat. Dit laat menige onderwyser met die woorde: Bitterbessie dagbreek, bitterbessie son… kierang kierang my, totdat ek bedroë weer die koggel kry.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|