McDromerig wil graag mense help
Hy is die wenner van die Men's Health Look-kompetisie, maar Brendan Currin is baie meer as net 'n mooi gesiggie.
Beeld
Sexy nuwe Lara
Alison Carroll vlieg die wêreld vol om bemarking te doen vir die speletjie "Tomb Raider: Underworld". Kyk na die video
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Los Suid-Afrika vir die swart man
Oct 05 2008 05:24:57:160PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend

Ek verwys na die briewe oor emigrasie.

Ek woon al 42 jaar in Australië en besoek my vriende en familie in Suid-Afrika gereeld.

Suid-Afrika is definitief nie ’n land van melk en heuning nie, maar van korrupsie, moord, verkragtings en politieke vergrype. Dit is ’n deurmekaarspul wat nie net belaglik is nie, maar ook duisende in armoede en ellende laat verkeer.

Jong Suid-Afrikaanse moeders vind dit baie moeilik om in die buiteland aan te pas, want daar is nie bediendes wat alles moet doen vir ’n appel en ’n ei nie.

Dit is die grootste probleem vir jong paartjies met kinders wat na Australië emigreer.

Dit is ook die vernaamste rede vir sommiges wat terugkeer.

Kinders hier is maar net soos kinders in Suid-Afrika, behalwe dat hulle beter onderrig word, die skoolopleiding gratis is en hulle nie oorweldig word deur kultuurvreemde medeburgers nie.

My raad aan Suid-Afrikaners is, pak jul goedjies en los Suid- Afrika vir die swart man waar julle sonder twyfel as indringers beskou en behandel word.

Dit is so, of julle dit wil glo of nie.

  • Aussie, Glenwood


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

  • vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |