Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Drá jou Bok-trui, maar betrek ook res van wêreld
Ek is besig om alle hoop vir die toekoms van rugby in Suid-Afrika te verloor. SA Rugby, die organisasie wat veronderstel is om die ondersteuners te verteenwoordig, het nie genoeg moed om die politici teen te staan nie, of hulle gee net nie genoeg om vir die ondersteuners nie. Die mense wat hul salarisse betaal, is tog seker een van die belangrikste stemme na wie hulle moet luister. Ek is bevrees die enigste manier waarop ons as ondersteuners dit kan duidelik maak dat ons nie net stil-stil gaan weggaan nie, is om die res van die wêreld te betrek. Op 1 Desember gaan ek my Springbok-trui met trots dra saam met duisende ander regoor die wêreld om te wys dat ek die Springbokke ondersteun. Die onlangse aanval op twee unies (oor hul stadions) is nie net nog ’n klein irritasie nie, maar deel van ’n veel groter plan om rugby as ’n geheel te vernietig. Ek doen ’n beroep op alle ondersteuners om nie net jul truie op 1 Desember te dra nie, maar ook om ’n brief te stuur aan die Internasionale Rugbyraad (IRR). As Suid-Afrikaners genoeg oproepe om hulp stuur, sal hulle geen ander uitweg hê as om aandag aan die situasie in Suid-Afrika te gee nie. Skryf aan: The International Rugby Board, Huguenot House 35 – 38, St. Stephen’s Green, Dublin 2, Ireland.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|