Matriek-fotokompetisie
Kyk na van die matriekafskeid-foto's wat reeds ontvang is.
Stuur jou foto na jip@beeld.com.
Beeld
Sê jou sê: Rugbybase maak droog
Gert van der Westhuizen, Beeld se sportredakteur, kap op sy blog na SA se rugbybase.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Steeds eNaTIS
May 29 2007 06:17:10:037PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend

Meer as 26 000 mense in Gauteng wag om ’n afspraak vir ’n leerlingrybewys- of rybewystoets te maak.

Dit is ’n massiewe agterstand wat ingehaal moet word – maar die nuwe eNaTIS-rekenaarstelsel wat sulke afsprake moet hanteer, het nog nie gestabiliseer en glad begin werk nie.

Dit beteken nie alleen word hierdie agterstand nie uitgewis nie, dit bou verder op.

Die eNaTIS-stelsel is swak voorberei en is chaoties in werking gestel en die owerheid sukkel sedertdien om dit behoorlik aan die loop te kry.

Gelukkig is (beperkte) hulp van kenners uit die private sektor intussen ingeroep. Dit is ’n konstruktiewe stap. As die stelsel nie bitter vinnig behoorlik begin werk nie, behoort dit dalk oorweeg te word om hulp op ’n ingrypend wyer skaal in te roep.

Padvervoer is grondliggend aan die samelewing en die ekonomie. Die regulering daarvan móét eenvoudig goed en doeltreffend wees.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |