Madiba in Orania
Op 15 Augustus 1995 het Madiba Orania besoek. Dana was daar.
Beeld
Drienasies-rugbyreeks van 2008
Die bepalings, uitslae en puntestand.
  • Statistieke van Curriebeker-reeks
  • Statistieke van die Super14-reeks
  • Jou wêreld, Jou koerant
    Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
    Vennote


    Persvryheid
    May 31 2007 06:57:26:667PM  - (SA)  

     Druk artikel
     E-pos storie aan 'n vriend

    Dis ’n oorwinning vir persvryheid en die publiek se reg om te weet dat die hooggeregshof gister die departement van vervoer se poging om Beeld stil te maak, met koste verwerp het.

    Ons is trots daarop dat ons joernaliste hul werk so goed doen dat hulle swak bestuur in die staatsdiens aan die kaak stel op ’n manier wat burokrate ongemaklik maak.

    Dat ons hof toe gesleep word, sal ons nie stilmaak nie. Inteendeel, dit maak ons net meer vasbeslote om ongemaklike waarhede wat amptenare en politici probeer toesmeer, uit te snuffel en aan die kaak te stel.

    Ons is ook trots op ons lesers en besorgde amptenare wat ondanks dreigemente bereid is om inligting aan ons te gee sodat die waarheid bekend word. Ons is trots op die land se grondwet en regstelsel wat persvryheid en fluitjieblasers beskerm.

    Maar ons is glad nie trots op die departement van vervoer se hantering van die kwessie nie.

    Die departement en die minister het soos sekurokrate uit die apartheidstyd probeer wegkruip agter “nasionale veiligheid” in ’n poging om ons stil te maak.

    Eintlik wou hulle net keer dat almal lees hoe die ouditeur-generaal reeds maande gelede gewaarsku het oor die swak bestuur van eNaTIS.

    Pleks dat hulle hul tyd en energie bestee om die chaos met eNaTIS reg te stel, sleep hulle Beeld hof toe en mors belastingbetalers se geld.

    Die minister en die DG skuld Suid-Afrika ’n verduideliking. Wat doen hulle om die foute met eNaTIS reg te stel?


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |