In volle vaart - sonder perke
Daar is miljoene mense wat nie take kan voltooi of instruksies kan uitvoer nie, heeldag dagdroom of aan die gang is, maar niks gedoen kry nie.
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


Woord onderweg: Leef-offers
Mar 28 2008 08:33:29:283PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend

Na die eerste Paasfees het die vroeë Christene Jesus se kruisdood op verskillende wyses probeer verstaan. Een wyse was om dit as ’n offerande te beskou – nie van mense aan God nie, maar van God ter wille van mense.

Die antieke offerkultuur is nie in alle opsigte so vreemd as wat ons dink nie, verduidelik Klaus Nürnberger, ’n Suid Afrikaanse teoloog.

Offers is ’n voorwaarde vir biologiese lewe, dit is ’n kosmiese beginsel. Behalwe vir lewe op die laagste vlakke offer alle lewende organismes hul lewe sodat ander kan lewe. Oorlewing is altyd ten koste van ander se lewe.

Die mens wat aan die bopunt van die voedselketting is, leef nie net op grond van die diere se lewe nie, maar ook ander mense se opoffering van tyd en energie. Niks word sonder opoffering bereik nie. Dit is nie offers wat onaanvaarbaar is nie, maar parasitisme. Parasiete leef op offers, maar offer nie self op nie. So is die moderne mens. Ander mense word benut vir die voordeel en wins wat uit hulle gemaak kan word. Die natuur word gemyn vir eie genot en bevrediging.

Die gevolge hiervan is katastrofies. Mense is ingestel om vir hulself te neem en nie op te offer sodat ander ook kan kry nie. Dit lei dat frustrasie en woede tot ’n punt styg waar dit enige oomblik in misdaad, geweld en selfs oorlog kan oorgaan.

In sy gebruik van die natuur oorskry die mensdom nou die drempel waarbinne die natuur haarself weer kon herstel. Die natuurbronne word gevolglik ten dode toe gebruik.

Om in God te glo, beteken ons aanvaar dat God Sy skepping en Sy “seun” as offer gee. Ons herken ons eie parasitisme en laat dit vaar, maar volg God in Sy opoffering. Vir Nürnberger beteken dit deelname aan God se kreatiewe gesag, Sy omvattende visie en Sy reddende omgee vir alles wat bestaan. Ons lewe van offers. Ons laat lewe deur self ook offers te wees. – Deur André van Niekerk


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |