Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Kinderfonds
Die Beeld-Kinderfonds het die tweede jaar agtereenvolgens meer as R3 miljoen ingesamel waarmee behoeftige kinders gehelp kan word. In die huidige moeilike ekonomiese toestande is dit ’n uitsonderlike prestasie. Dit is daarom met groot dankbaarheid dat die Kinderfonds almal wat bygedra het – hoe gering ook al – bedank. Dit sluit talle borge in. Baie dankie. Die Kinderfonds is veral dankbaar vir die rol wat die Nederduitsch Hervormde Kerk (NHK), die Nederduitse Gereformeerde Kerk (NGK), die Verenigde Gereformeerde Kerk (VGK) en die Apostoliese Geloofsending (AGS) speel. Dié kerke se lidmate het saam sowat R1,6 miljoen, oftewel 54% van die Kinderfonds se inkomste, bygedra. Die geld sal handig te pas kom in die versorging van behoeftige kinders. Buiten kerke se kinderwelsynsaksies, het altesame 38 welsynsorganisasies vanjaar voordeel getrek uit die geld wat ingesamel is. Sowat R2,6 miljoen kon vanjaar uitbetaal word. Verlede jaar is die lewe van sowat 10 000 sorgbehoewende kinders vergemaklik met geld wat deur die Kinderfonds ingesamel is. Van die behoeftige kinders wat die afgelope 30 jaar voordeel getrek het uit die Kinderfonds, is nou as volwassenes van die Kinderfonds se grootste ondersteuners. Die geld word nie net uitgedeel nie. Elke organisasie wat om hulp aansoek doen, moet kan motiveer dat die geld aangewend sal word tot voordeel van behoeftige kinders. ’n Jaar later moet hulle bewyse voorlê dat hulle dit wel gedoen het.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|