Hoeveel het jý gewen?
Kliek hier vir die jongste én vorige Lotto-wennommers en uitbetalings.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Slotfabriek
May 02 2008 04:21:37:720PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend

Net toe Blou Bulle-ondersteuners vandeesweek met die twis tussen die Blou Bulle-Maatskappy en die Springbok-slot Bakkies Botha begin vrees het dat Loftus Versfeld se roemryke slotfabriek besig is om ten gronde te gaan, het hulle gisteroggend wakker geword met die goeie nuus dat Victor Matfield uit Frankryk op pad terug is Pretoria toe.

Vir baie Blou Bul-ondersteuners is Botha se planne om sy rug op die Blou Bulle en die Bulls te draai en uit te wyk na Matfield se Franse klub Toulon, niks anders nie as hoogverraad.

Baie het sekerlik gewonder hoe kan Botha sy rug draai op Pretoria, die Blou Bulle, Loftus ?Versfeld en die duisende Blou Bul-ondersteuners wat deur dik en dun by hul span staan.

Die harde werklikheid is – of jy daarvan hou of nie – dat rugby op dié vlak die afgelope 13 jaar nie meer ’n amateurspel is nie.

Vir spelers soos Botha en Matfield is rugby ’n beroep soos enige ander waar jy betaal word vir jou dienste en jy gaan waar jy die beste salaris kan verdien.

Die arbeidshof sal einde vandeesmaand beslis of Botha, wat vanjaar nie dieselfde spelpeil as verlede jaar kon handhaaf toe Matfield nog sy slotmaat was nie, enige gronde het om kwytgeskeld te word van sy Blou Bul-kontrak.

Die Bulls het verlede jaar onder Matfield se leiding die eerste Suid-Afrikaanse span geword wat die Super14-rugbyreeks kon wen.

Tot dusver vanjaar het hulle sonder hom gesukkel.

Met woorde soos “ek het met ’n seer hart na Loftus verlang” het Matfield opnuut in Blou Bul-ondersteuners se harte ingekruip.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |