Slegter as hoenderspel kan dit nie gaan
Ai, droefheid, maar dis 'n gesukkel om daai All Blacks onder te kry!
Beeld
Drienasies-rugbyreeks van 2008
Die bepalings, uitslae en puntestand.
  • Statistieke van Curriebeker-reeks
  • Statistieke van die Super14-reeks
  • Jou wêreld, Jou koerant
    Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
    Vennote


    Hemelvaart
    May 02 2008 04:21:35:877PM  - (SA)  

     Druk artikel
     E-pos storie aan 'n vriend

    Jare lank was hemelvaart vir my ’n verleentheid.

    Ons weet immers die aarde is nie plat nie en die blou uitspansel is nie die vloer van die hemel nie.

    Hoe kan ons vandag van hemel praat?

    Flip Theron verwys na een van die spotversies wat oor hemelvaart in ou Oos-Duitse blad verskyn het: “Reeds meer as negentien honderd jaar,/ het ’n sekere Jesus ten hemel gevaar./ Maar volgens die ruimtemanne – berig persburo Tass –/ is dit duidelik dat dit alles maar net ’n sprokie was.”

    Dit is eers wanneer ’n mens die Bybel se simboliek respekteer dat daar troos in die plek van verleentheid kom. Daarby moet ons aanvaar dat ons God nooit ten volle sal kan verstaan nie maar ons alleen aan God en sy betrokkenheid by ons kan verwonder.

    Die gedagtegang dat God bo die aarde en ver weg is maar deur wonderwerke op aarde betrokke raak (teïsme) is maar een benadering.

    Vir al hoe meer gelowiges maak dit meer sin dat God ver en naby is, dat alles wat bestaan in en deur God bestaan (panenteïsme).

    Wanneer Moses God graag wil sien, word hy volgens die verhaal in Eksodus 33 net toegelaat om God se rugkant te sien.

    Oor die “rugkant” het die Rabbis baie gewonder en daarop gewys dat ’n eufemisme is vir “waar Ek nou net was”.

    Die mees gebruikte aanduiding in die Bybel van die verborge teenwoordigheid van God is wolke.

    Mense wat al in miswolke gestap het, weet hoe gepas die beeld is.

    By belangrike gebeure in die verhaal tussen God en mens verskyn God in ’n wolk.

    Ook Lukas vertel dat Jesus deur ’n wolk weggeneem is sodat sy dissipels Hom nie langer kon sien nie (Handelinge 1:8).

    Daarom glo ons Jesus is in God se verborge teenwoordigheid opgeneem.

    Hemelvaart bied dieselfde soort troos as die opstanding en pinkster: God is nie ver nie, maar naby ons. – Deur André van Niekerk


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |