Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Water vir almal
Die hooggeregshof het verlede week beslis die Johannesburgse metroraad moet ’n minimum hoeveelheid van 50 liter water per dag per mens gratis aan inwoners van Phiri in Soweto verskaf. Die hof het 50 liter as leefbaar beskou. Terselfdertyd is bepaal die inwoners moet – net soos ryker voorstede in Johannesburg – ook water op krediet kan kry in plaas van net deur voorafbetaal-meters wat outomaties afsluit as die betaalde geld op is. Soos die regter gesê het: Water is lewe. Dit is inderdaad waar. Dit is ook korrek dat ryk en arm gelyk behandel moet word wat krediet betref. Daar behoort egter ook toegesien te word dat ryk en arm hul rekenings betaal. En dat die land se waterbronne en infrastruktuur só bestuur en beskerm word dat dit volhoubaar bly vir ryk en arm. As die water te min of te besoedel raak, gaan nie ryk of arm water hê nie.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|