Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Zimbabwe
Die aankondiging van die amptelike uitslag van die Zimbabwiese presidentsverkiesing laat mnr. Morgan Tsvangirai, leier van die Beweging vir Demokratiese Verandering (MDC), sonder veel keuse. Die Zimbabwiese verkiesingskommissie het Vrydag byna vyf weke ná stemdag aangekondig dat Tsvangirai 47,9% en pres. Robert Mugabe 43,2% van die stemme gekry het. ’n Tweede verkiesing moet nou gehou word omdat geen kandidaat meer as 50% van die stemme gekry het nie. Tsvangirai en sy party hou vol dat hy met 50 000 stemme verneuk is en dat hy ’n volstrekte meerderheid van 50,3% behaal het. As Tsvangirai nie aan die tweede verkiesing deelneem nie, sal Mugabe by verstek wen. Besluit hy om wel deel te neem, sal dit wees in die lig van berigte dat MDC-ondersteuners deur Zanu-PF se boewe aangeval word. Dít ten spyt, het Tsvangirai waarskynlik nie veel ander keuse as om deel te neem nie. Sy party het reeds die Zimbabwiese parlementsverkiesing met 109 setels teenoor Zanu-PF se 97 setels gewen. Intimidasie deur Zanu-PF sal in die aanloop tot die tweede ronde waarskynlik net verskerp. ’n Tweede ronde sal behoorlik gemonitor moet word deur ’n onafhanklike en geloofwaardige instansie soos die Verenigde Nasies. Dit kan nie weer deur die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap of die Suid-Afrikaanse regering gedoen word nie. Hulle het hulself reeds gediskrediteer.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|