Hoeveel het jý gewen?
Kliek hier vir die jongste én vorige Lotto-wennommers en uitbetalings.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Natalie se droom
May 05 2008 07:14:57:810PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend

Natalie du Toit het haar droom bewaarheid en vir die Olimpiese Spele gekwalifiseer.

In die proses het sy ook die eerste ledemaat-gestremde mens geword wat vir ’n Spele (vir nie-gestremdes) kwalifiseer.

Só het sy in die eerste plek bokant die etiket “gestremd” uitgestyg, en in die tweede plek ook ver bokant die eng nasionale etiket waaronder sy in Beijing aan die Spele gaan deelneem.

Wanneer sy in Beijing aantree om te swem gaan sy bloot ’n uitstekende swemmer wees – een wat besluit het sy gaan aanhou glo en aanhou werk om ’n ideaal te bereik. En dit toe gedoen het.

Dis mense soos Natalie du Toit wat die woorde wat so gereeld gebruik word om mense te motiveer, die waarheid maak.

Die meeste van ons gaan waarskynlik nooit daarin slaag om ons wildste ideale werklikheid te maak nie, maar om mens te wees, beteken om aan te hou probeer. Natalie het dié wys?heid pas meer as net woorde gemaak.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |