Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
In eie belang
Pres. Thabo Mbeki, die regering en die ANC is besig om op ’n fundamentele vlak klei te trap in hul besluite oor die Skerpioene. Die Khampepe-kommissie het amper twee jaar gelede al bevind dié ondersoekeenheid is grondwetlik en moet bly voortbestaan omdat hy doeltreffend teen georganiseerde misdaad is. Mbeki het egter van toe af op die verslag gesit en dit nie bekend gemaak nie. Die kommissaris van polisie, komm. Jackie Selebi, wou destyds die Skerpioene by die polisie ingelyf hê en Mbeki se besluit om nie die Khampepe-bevindinge vroeër openbaar te maak nie, is deur sommige gesien as ’n beskerming van Selebi. Toe besluit die ANC by Polokwane – net nadat hy mnr. Jacob Zuma as president verkies het – om die Skerpioene te ontbind. En Zuma word deur ’n bedrogsaak in die gesig gestaar nadat die Skerpioene hom ondersoek het. Intussen het dit gelyk of Mbeki die Skerpioene wil behou, maar sy kabinet het verlede week wetgewing goedgekeur wat die Skerpioene sal ontbind. Die vermoede ontstaan dat kabinets?lede begin besef het as hulle h?l poste wil behou, hulle Zuma en die nuwe ANC-leierskap moet begin tevrede stel. Toe maak Mbeki die Khampepe-verslag gister bekend – nádat die kabinet sy besluit geneem het. Te laat dus om die besluit te beïnvloed. Dit lyk of Mbeki, die ANC en die kabinet hier besluite geneem het wat nie in misdaadvoos Suid-Afrikaanse kiesers se belang is nie, maar eerder hul eie belange voorop gestel het.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|