Hoeveel het jý gewen?
Kliek hier vir die jongste én vorige Lotto-wennommers en uitbetalings.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Kinderagtig
May 06 2008 05:29:50:473PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend

Die Suid-Afrikaanse platteland gaan gebuk onder twee laste. Vir eers is daar groot armoede en in die tweede plek te min dokters – veral in staatshospitale waar die armes verligting van pyn en siekte soek.

In KwaZulu-Natal is daar nou ’n derde las bygevoeg, lyk dit: me. Neliswa Nkonyeni, die LUR vir gesondheid.

Sy het luidens berigte in ’n kinderagtige woedebui verval toe ’n geneesheer, dr. Mark Blaylock van die Manguzi-hospitaal naby Kosibaai, glo haar portret in ’n asblik gegooi het.

Verskeie tugklagte is teen hom aanhangig gemaak – almal klaarblyklik met min indien enige substansie. Dit lyk al hoe meer of Blaylock eerder iemand is wat alles sal doen om sy pasiënte te help. Soos dokters veronderstel is om te doen.

Nou het Nkonyeni ’n taakspan van výf dokters aangestel om Blaylock te ondersoek. Omdat hy nie van Nkonyeni se portret hou nie. Miskien moet sý eerder ondersoek word.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |