Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Laaste kans
Die ANC se senior leierskorps lyk onwrikbaar in sy voorneme om die Skerpioene toe te maak en die kabinet het reeds wetgewing daarvoor goedgekeur. Die laaste kans om die Skerpioene te behou is waarskynlik wanneer die parlement die wetgewing bespreek en finaal vir goedkeuring oorweeg. Dit sal beteken die wye steun wat die Skerpioene landwyd volgens aanduidings geniet, moet in demokratiese aksie omgesit word. Die ANC in die parlement het in die laaste paar maande ná Polokwane tekens van demokratiese debat en bevraagtekening getoon. Die Skerpioene-kwessie sal ’n belangrike toets vir die diepte van dié demokratiese oplewing wees. As gewone LP’s hul stemme teen die ontbinding van die Skerpioene laat hoor, sal hulle egter in effek ook teen hul partyleierskorps praat – dieselfde leierskorps wat uiteindelik gaan bepaal of hulle weer op die parlementêre lys kom. Die redes waarom die Skerpioene behou moet word, is helder en duidelik deur regter Sisi Khampepe verwoord in haar verslag oor die voortbestaan van die eenheid. Dit is kortliks: Suid-Afrika hét ’n geweldige misdaadprobleem. ’n Eenheid soos die Skerpioene is noodsaaklik. Hulle is suksesvol. Hul bestaan is grondwetlik. Die verskille tussen hulle en die polisie is nie onoorbrugbaar nie. Die foute wat die Skerpioene wel het, kan maklik reggestel word en is baie kleiner as die waarde wat die eenheid tot ons samelewing toevoeg. Gaan die ANC die demokrasie se belange eerste stel?
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|