Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Duur kos
Dr. Manto Tshabalala-Msimang, minister van gesondheid, is tereg bekommerd oor stygende kospryse en die invloed wat dit op armes in ons land gaan hê. Haar voorstel – of dalk dreigement – dat sy kospryse met wetgewing sal reguleer as ander stappe nie werk nie, is egter iets wat sy eerder moet vergeet. Staatsgereguleerde kospryse het nêrens nog op die duur die gewenste uitwerking gehad nie en sal veral nie vandag werk waar die wêreld se ekonomie op ’n wêreldwye markbasis bedryf word nie. Suid-Afrika is ten volle ingeskakel by dié wêreldekonomie en dit is vir ons ekonomie – en uiteindelik ook ons kospryse – belangrik dat daardie inskakeling glad bly. Hoewel kos-koopbewyse ook geleenthede vir korrupsie sal skep, is dít ’n baie meer werkbare opsie mits dit goed deurdink en bedryf word. Daarenteen sál staatsgereguleerde pryse uiteindelik tot hoër pryse en tekorte lei.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|