Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Ook slagoffer
Aluminiumdraad ter waarde van tussen R20 000 en R30 000 is die afgelope langnaweek by pres. Thabo Mbeki se ampswoning in Pretoria gesteel. Dat die diewe ongesiens by die president se woning kon inkom, hul buit kon vat en weer kon wegkom, is kommerwekkend. Volgens die maatskappy wat die drade aangebring het om die woning teen weerlig te beskerm, ondersoek die wagte by die hek gewoonlik hul voertuie wanneer hulle inkom, maar nie wanneer hulle die perseel weer verlaat nie. Dít is onaanvaarbare laksheid. Wat nodig is, is dat die polisie die saak behoorlik ondersoek en dat swak plekke in die veiligheidsmaatreëls uitgeskakel word. Op ’n ander vlak is die voorval ongelukkig ook simbolies van die situasie in Suid-Afrika vandag. ’n Onaanvaarbaar hoë vlak van misdaad is nie net ’n persepsie soos Mbeki al by geleentheid gesê het nie. Misdadigers het nie ontsag vir enige teiken nie – selfs nie eens die president se woning nie. Polisiëring skrik misdadigers nie meer af nie, in dié geval selfs nie eens die vlak van polisiëring waarop die president in sy ampswoning beskik nie. Verder is bestaande polisiëring duidelik gebrekkig. En dít is in ’n neutedop wat gewone Suid-Afrikaners só lank al onder Mbeki se aandag probeer bring. Kommer oor Mbeki se veiligheid is opreg, maar miskien hoor hy die land se mense nou beter . . .
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|