Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
SAUK se geveg
Dit lyk of die politieke faksiegeveg tussen ondersteuners van die amper uittredende pres. Thabo Mbeki en mnr. Jacob Zuma, die nuwe ANC-president, in die ANC-alliansie besig is om in die SAUK ook uit te speel. Eers is dr. Snuki Zikalala, die korporasie se nuushoof, deur adv. Dali Mpofu, groephoof, geskors. Toe word Mpofu self geskors. Hoewel tegniese redes gegee word, is dit vir baie waarnemers duidelik dit is politieke wraak en word gedryf deur pogings tot posisionering vir die toekoms. Wat nie vergeet moet word in die nuwe ruimtes wat só geskep word nie, is dat die SAUK ’n openbare uitsaaier is wat alle Suid-Afrikaners se belange moet dien. Die SAUK het egter onder Mbeki in dieselfde party-groef beland wat die korporasie in die vorige bedeling gekenmerk het. Hopelik is die huidige woelinge die voorspel tot werklike openheid en nie net tot ’n nuwe, bedompige bedeling nie.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|