Hoeveel het jý gewen?
Kliek hier vir die jongste én vorige Lotto-wennommers en uitbetalings.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Mbeki getoets
May 08 2008 05:35:23:230PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend

Die ironiese gelag wat hierdie week in die Pan-Afrika-parlement (PAP) opgegaan het toe lede ingelig is dat dit tot ’n jaar kan duur voordat die uitklopverkiesing in Zimbabwe sal kan plaasvind, is tekenend dat Afrika self keelvol is vir die situasie in daardie land.

Dat dié mededeling gekom het van regterGeorge Chiweshe, hoof van die pas afgelope verkiesing én waarskynlik van die verwagte komende tweestryd tussen pres. Robert Mugabe en mnr. Morgan Tsvangirai, is ernstig. Dis aanduidend van ’n komplekse en bepalende fase wat Zimbabwe nou betree – vir die land self, vir Suid-Afrika, die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) en die Afrika-unie.

Tot en met die uiteinde van die uitklopverkiesing bly Mugabe aan die bewind. Dié nagmerrie kan verleng word indien Tsvangirai uitvoering gee aan sy hol dreigement om nie deel te neem nie. Niks sal Mugabe beter pas as dat Tsvangirai en sy MDC “abdikeer” nie.

Dat pres. Thabo Mbeki ’n span waarnemers na Zimbabwe gestuur het om hom te vergewis van die aard van die geweldpleging daar, kan deurslaggewend wees, veral as hulle dit kan hokslaan. Mbeki durf nie toelaat dat Mugabe omstandighede fabriseer waarin ’n herverkiesing nie kan plaasvind nie.

Hierdie is die laaste toets vir Mbeki se doeltreffendheid as die SAOG se bemiddelaar. Indien hy Mugabe en sy generaals nie tot ’n meer dormante tussentydse rol “inperk” nie, behoort Mbeki sy rol af te staan aan ’n meer onbevange Afrika-leier. Dis in Suid-Afrika se belang.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |